Anargisme

Die A in 'n sirkel: 'n bekende Anargistiese simbool

Anargisme is 'n politiese filosofie wat teoretiseer dat die staat, wat hiërargie en verpligtende regering bevat, onnodig, skadelik en/of ongewens is, en dit is ten gunste van die afskaffing van die staat (anargie, of suiwer kommunisme). Anargisme was ontwerp in die Internasionale Arbeiders-Assosiasie (of Eerste Internasionaal) deur die Bakuninistiese faksie, in opposisie vir die outeritêrse Marxistiese faksie van die Internasionaal. Daar is 'n tradisie in anargie om kapitalisme te verwerp aangesien dit ware vryheid sou teëwerk. Maar daar is ook weergawes van pro-kapitalistiese anargie soos anargistiese-kapitalisme.

Anargisme is dus 'n politieke filosofie en beweging wat skepties is oor gesag en alle nie-vrywillige, dwingende vorme van hiërargie verwerp. Anargisme beywer vir die afskaffing van die staat, wat volgens die ideologie ongewens, onnodig en skadelik is. Dit word gewoonlik saam met die Libertynitiese Marxisme beskryf as die libertynitiese vleuel van die sosialistiese beweging en as 'n historiese assosiasie met antikapitalisme en sosialisme.

Die geskiedenis van anargisme gaan terug tot die prehistorie toe mense waarskynlik in anargistiese samelewings geleef het lank voor die stigting van formele state, koninkryke of ryke. Met die opkoms van georganiseerde hiërargiese liggame het die skeptisisme teenoor gesag ook toegeneem, maar eers in die 19de eeu het 'n selfbewuste politieke beweging ontstaan. Gedurende die laaste helfte van die 19de en die eerste dekades van die 20ste eeu het die anargistiese beweging in die meeste dele van die wêreld gefloreer en het dit 'n belangrike rol gespeel in die werkers se stryd om emansipasie. Verskeie anargistiese denkrigtings het gedurende hierdie periode ontstaan. Anargiste het aan verskeie revolusies deelgeneem, veral aan die Spaanse Burgeroorlog, waarvan die beëindiging daarvan die einde was van die klassieke era van anargisme. In die laaste dekades van die 20ste eeu en in die 21ste eeu het die anargistiese beweging weer opnuut aandig begin vestig.

Anargisme gebruik 'n verskeidenheid taktieke om die ideale doelwitte te bereik, wat breedweg in revolusionêre en evolusionêre taktieke verdeel kan word. Daar is 'n beduidende oorvleueling tussen die twee wat slegs beskrywend is. Revolusionêre taktieke is daarop gemik om gesag en staat te vernietig, in die verlede 'n gewelddadige wending geneem. Evolusionêre taktieke is daarop gemik om voor te stel hoe 'n anargistiese samelewing sou lyk. Anargistiese denke, kritiek en praktyk het 'n rol gespeel in verskillende dele van die menslike samelewing. Kritiek op anargisme sluit in bewerings dat dit intern teenstrydig, gewelddadig of utopies is.


Developed by StudentB